Middelburg High School
  • Middelburg

Go Back

Visit Website

Contact Mariaan Stannard

Location

  • Benniestraat
    Middelburg
    Oos-Kaap
    Suid-Afrika

    Posbus 204
    Middelburg
    Oos-Kaap
    5900

  • Longitude: 25.002929
  • Latitude: -31.491321
  • Map

Middelburg High School

By Hoërskool Middelburg strewe ons om die kind in sy totale potensiaal te ontwikkel gebaseer op Christelike waardes en norme en leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul talente en regte. 

By Hoërskool Middelburg word kinders begelei deur kwaliteit-onderrig en ‘n goeie georganiseerde milieu tot afgeronde persone. 

Om bogenoemde doelwitte te bereik beskik ons oor die volgende:

  • Entoesiastiese, goed gekwalifiseerde opvoeders;
  • Effektiewe hulpmiddels in die klaskamer;
  • Bruikbare sporttoerusting en – fasiliteite; en
  • ‘n betrokke ouer gemeenskap wat as vennoot ‘n integrale rol speel as deel van die opvoedingspan.

Geskiedenis

Die eerste skool in Middelburg is in die jaar 1880 opgerig deur mnr DJ Wilkock.

Mnr Wilkock het sy skool op die patroon van die goewermentskole van die tyd ingerig. Die departement van onderwys begin kennis neem van die skool se stuur in 1882 die organiseerde inspekteur Samuels om dien skool te inspekteur.

Die skool het 'n baie gunstige indruk op die inspekteur gemaask en op sy aanbeveling word die skool kort daarna 'n goewermentskool, Klas A1.

In 1884 bedank mnr Wilkock as skoolhoof om vir 'n predikant te gaan studeer en word hy opgevolg deur mnr John Pretorious.

In 1887 word mnr Pretorius opgevolg deur mnr DK Theron wat 35 jaar hoof van die skool gebly het en dit sien groei het van 'n primêre skool van plus minus 60 leerlinge tot ongeveer 600 leerlinge op die rol.

Die skool staan toe bekend as ' The Middelburg Public School' met die eerste matriekklas in 1895. In 1898 word 'n 'Poor School' (Armskool) met 86 leerlinge gestig vir leerlinge wat geen skoolgeld kon betaal nie.

In 1920 word die 'Poor School' gesluit en amalgameer die 'Poor School' en die Publieke Skool.

Get Directions